my hart is 'n painter
en hy paint vannaand vi jou.
vir jou wil ek red
en yellow,
sommer-so in die go.
tyd sal sorg vi die pers
en
tyd sal sorg vi die blou.
ek kannie net vir jou paint nie,
so moenie groen wees as ek go
ek spaar 'n oranje sonskyndag
in my hart
net vi jou.
No comments:
Post a Comment